'n Boerdery is 'n unieke en taai besigheid. Om te boer moet jy passievol, toegewyd en vasberade wees. Dit verg deursettingsvermoë.
Feit bly staan om 'n boer te wees vloei deur ons are. Daar is altyd 'n plan wat gemaak kan word. Ons is mos innoverende mense. En dis lekker!
Ek is Belinda Labuschagne, 'n plaasnooi van Dundee in KwaZulu-Natal. Ek het 'n groot liefde vir die plaaslewe.
Geniet hierdie platform saam met my waar ek nuus, statistieke en prettige inligting deel oor boerdery dinge.
HTML Generator